'N Affair Om Te Vergeet: 'N Ware Verhaal by Marié Opperman


'N Affair Om Te Vergeet: 'N Ware Verhaal
Title : 'N Affair Om Te Vergeet: 'N Ware Verhaal
Author :
Rating :
ISBN : 1770221107
ISBN-10 : 9781770221109
Language : Afrikaans
Format Type : ebook
Number of Pages : 272
Publication : First published November 5, 2010

'n Affair om te vergeet is die ware verhaal van hoe die skryfster van haar man se affair uitgevind het, haar reaksie daarop, en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit 'n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die waansinnige en obsessiewe gesnuffel deur sy private dokumente en persoonlike besittings; die woede, seerkry en vernedering oor die verraad wat teen haar gepleeg is; die diep hartseer oor 'n verlore liefde; en laastens, deur 'n proses van pynlike selfontdekking en selfontleding, die besef dat dit alles ten goede was, dat sy nou sterker as ooit is.


'N Affair Om Te Vergeet: 'N Ware Verhaal Reviews


  • Anne-Marie

    Ek het hierdie boek begin lees terwyl ek besig was met 'n ander Engelse boek, wat bietjie te swaar geraak het. Toe ek egter begin, kon ek dit nie weer neersit nie. Die skryfster beskryf so presies al die wisselende emosies en stadiums waardeur 'n mens gaan as jy uitvind jou maat het 'n affair of het een gehad. Dis 'n ongelooflike boek en uiteindelik besef mens weereens dat net jy en jy alleen vir jou eie geluk verantwoordelik is. Geen ander mens kan jou voltooi of jou geluk waarborg nie.